MPUMALANGA NETBAL

Adelyde Filipe

Adelyde Filipe

Corneli Hartung

Corneli Hartung

Simphiwe Magagula

Simphiwe Magagula


Drie van Volkies se netbalspelers is verkies tot Mpumalanga spanne. Hulle is Adelyde Filipe wat vir die o/15 Mpumalanga span gaan speel, Simphiwe Magagula wat tot die o/16 Mpumalanga span verkies is en Cornelie Hartung wat opgeneem is in die o/17 Mpumalanga span. Baie geluk!

RTT OLIMPIADE

vlnr Angelique, Lize-Mari en Thando

vlnr Angelique, Lize-Mari en Thando


Op Vrydag, 11 Mei 2012 het verskeie van die Rekenaartoepassingstegnologie leerlinge deelgeneem aan ‘n RTT Olimpiade. Angelique Pienaar behaal die eerste plek in graad 10 en die tweede plek in die skool. Lize-Mari Lambrechts behaal die eerste plek in graad 11 en word as die algehele wenner in die skool aangewys. Thando Simamane behaal die eerste plek in graad 12 en is algeheel derde in die skool. Baie geluk aan elkeen van hierdie leerlinge.

ADOPT A KID SE FONDSE

Adopt a Kid

Adopt a Kid


Vrydag 11 Mei 2012 se Adopt a Kid insameling beloop die mooi bedrag van R6670. Hier oorhandig die leerlingraad die fondse aan me. Priscilla Oosthuizen. Die klas wat die meeste geld ingesamel het is 11A1 met R1290. Baie dankie aan elke Volkie wat omgee en gee!

ATKV REDENAARS

Karli van Der Westhuizen

Karli van der Westhuizen

Agt leerders van VHS het aan die streeksuitdunne van die ATKV-Redenaars deelgeneem. Karlie van der Westhuizen dring deur na die provinviale finaal op 25 Mei by HTS Middelburg. Baie geluk Karli!

ADOPT A KID

Grade 12E2 Doctors and Nurses

Grade 12E2 Doctors and Nurses


Die jaarlikse Adopt a kid se temadag fondsinsameling het weer eens vir groot vermaak gesorg. Graad 11A2 behaal die derde plek met Evil Clowns, graad 10A1 die tweede plek met French Maids en Butlers en die wenners is 12E2 met Doctors and Nurses. Baie dankie vir almal se bydrae om die temadrag ‘n groot sukses te maak.

NETBAL

VOLKIES EERSTES

VOLKIES EERSTES


Op Dinsdag, 9 Mei 2012 het Volkies se eerste netbalspan in die B-liga kompeteer teen Hoërskool Piet Retief. Volkies wen 16 – 10! Baie geluk aan elkeen van hierdie spelers en hulle afrigter.

KARATE

Stefan van Niekerk

Stefan van Niekerk


Stefan van Niekerk, graad 8 Volkies, het onlangs deelgeneem aan die JKA se Kumute (Fighting) en goud behaal by die Suid-Afrikaanse kompetisie. Baie geluk Stefan!

WINTERSPORT LIGA OP STANDERTON

016 rugby manne sak laag

0/16 rugby manne sak laag

Hoërskool Volksrust het Saterdag die eerste keer in ongeveer 20 jaar deelgeneem aan die groot skole liga. Volkies, wat aan klein skole liga deelgeneem het die afgelope paar jaar, het hulle uiters goed van hulle taak gekwyt. Van die 15 spanne wat gespeel het wen Volkies 8 wedstryde en speel 1 gelykop, waar Standerton 6 wedstryde wen en 1 gelykop speel. Veral die o/15A en o/15B Hokkie en Rugbyspanne het ons baie trots gemaak. Baie geluk aan elkeen van hierdie spelers.

TENNISLIGA

Daleen Duminy

Daleen Duminy

Gerdus-Taljaard

Gerdus Taljaard

Die eerste en tweede seuns tennisspanne, asook die tweede dogters tennisspan het Vrydag Ligawedstryde gespeel teen Ligbron. Matthew Blignaut en Henrico Nel het albei hul enkelspel wedstryde met 7-2 gewen. Daleen Duminy en Gerdus Taljaard het beide hul enkelspel en dubbelspel wedstryde gewen. Baie geluk aan elkeen van hierdie spelers.
Baie dankie ook aan Greyvenstein Elektries vir die borg van die mooi tennisklere, asook mee. Petro Lourens en Erna van Tonder vir die maak van die klere. Me. Hannetjie Taljaard het gesorg vir die meisies se mooi hoedjies.

DAHL MUSIC AWARDS

Die Dahl Music Academy het op Donderdagaand, 3 Mei 2012 ‘n konsert aangebied.  Die Volaré Dansskool se leerlinge het vir pragtige danse gesorg terwyl die sangers opgetree het.  Baie geluk aan elkeen van hierdie leerlinge wat deelgeneem het.

Edrei, Nicole, Abigail

Edrei, Nicole, Abigail

Leerlinge van Volare Dansskool

Leerlinge van Volare Dansskool